About Course
APPM 121 kombineer toegepaste wiskunde met die basiese beginsels van statika. Studente leer nie net hoe om berekeninge uit te voer nie, maar ook hoe om werklike fisiese situasies na toepaslike wiskundige modelle, diagramme en vergelykings om te skakel.
Hierdie kursus behandel die werk stap vir stap in Afrikaans. Elke afdeling fokus op die onderliggende konsepte, die korrekte metode om probleme aan te pak en die berekeningstegnieke wat studente in toetse en eksamens moet kan toepas.
Die kursus begin met wiskundige modellering, eweredigheid en dimensionele analise. Daarna word vektore, kragte, momente, koppels en resultante kragstelsels behandel. Die latere afdelings fokus op twee- en driedimensionele ewewig, vryliggaamdiagramme, droë wrywing en die gebruik van skeibare differensiaalvergelykings in groeimodelle.
Die inhoud volg die hoofstruktuur van APPM 121, wat wiskundige modellering, dimensionele analise, vektore en statika, ewewig, wrywing en groeiprosesse insluit.
Die kursus is ontwerp om jou te help om:
- die teorie agter elke konsep werklik te verstaan;
- fisiese probleme sistematies te ontleed;
- korrekte sketse en vryliggaamdiagramme op te stel;
- die toepaslike formules en vergelykings te kies;
- berekeninge duidelik en logies uit te voer;
- algemene foute in APPM 121 te vermy;
- verskillende onderwerpe met mekaar te verbind; en
Course Content
Onderwerp 1: Wiskundige modellering, eweredigheid en meetkundige soortgelykheid
-
1.1 – 1.3: Wiskundige modellering en “die wetenskaplike metode”; Probleemstellign en Tipiese Stappe; Direkte Eweredigheid
01:00:09 -
1.4 – 1.6: Meetkundige Soortgelykheid; Brandstofverbruik; Verwantskap tussen Gewig en Lengte
01:02:45